Loading...
nl

Welkom by Poespas se boernale

JulienMoorrees
JulienMoorrees jul 3 '07
Ik kwam vandaag per toeval op een zuidafrikaanse website uit toen ik naar engelmens zocht. Daarop vond ik de welkomstpagina van de site erg aandoenelijk. Eerder om de zuidafrikaanse taal, die best nog wel te begrijpen is voor ons. Het viel me op, dat het nog best wel wat weg heeft van de tegenwoordige sms-taal ;).

http://www.poespas.co.za/blog/staticpages/index.php?page=welkom
Welkom by Poespas se boernale (kort vir web joernale). Hier kan u, u gedagtes met die wìªreld deel in die mooiste, mooiste taal. Deur slegs 'n gebruikersrekening te skep kan u artikels na hartelus plaas. Ons wil egter elke gebruiker aanmoedig om elkeen toe te laat om binne perke van ordentlikheid, hulself vryelik uit te druk. As werfmeester onderneem ek om almal se sienswyses te respekteer. U mag beslis met sienings wat geopper word verskil, beledigings in kommentaar en artikels sal egter nie geduld word nie. Kommersiële skakels of reklame word nie aanvaar nie. Indien u reklame wil maak vir 'n werf kan u dit aan die werfmeester voorlìª vir oorweging en sal u skakel aan die linkerkantste keusebalk verskyn indien dit goedgekeur sou word.

U behou outomaties die kopiereg op u artikels, ons is egter sterk voorstanders van die GNU VDL (Vrye dokumentasie lisensie) en versoek dat u, u materiaal sodanig sal vrystel deur dit onderaan u artikel aan te dui, andersins vra ons alle gebruikers en lesers om die kopiereg van gebruikers te respekteer. Deur 'n artikel te plaas dui u dan outomaties aan dat u kopiereg opeis en is u verantwoordelik vir die wetlike implikasies wat plagiaat sou meebring " indien u vergunning van iemand verkry het om dit hier te plaas dui asseblief die persoon/instansie wat die kopiereg besit, duidelik aan en indien dit elders op die web gepubliseer is word u versoek om 'n verwysing na daardie werf te plaas.

Indien U lang artikels het skryf wat 'n groot deel van die voorblad in beslag sal neem plaas die res van u artikel asseblief slegs die eerste 300 woorde of so in die inleiding gedeelte en die res van u artikel in die tweede invoerboksie daaronder. Dan kan voornemende lesers op die lees verder skakel kliek om 'n volledige weergawe van u inskrywing te lees. Die spreektaal op hierdie werf is Afrikaans. Indien u Engelse bydraes wil lewer moet dit asseblief nie op die voorblad laat verskyn nie maar kliek op die "Show only in topic" skakel by die opslaanblad.

U bedagsaamheid word hoog op prys gestel!


Laas opgedateer Tuesday, June 12 2007 @ 03:51 PM CEST Drukbare Weergawe
Delen:

Social Services

Delen:

Netwerk

carina
Helderziende magda
Angela
Ies
Annemarie
Roy
Patske
xXBertDeZienerOpenaarDesDerdeOogXx69x420
Nouki